logo
MUSICULA "DIE TROEBADOER" FEESKONSERT 2018
 
Sondag 18 November 15:00
 

'n Roerende reisverhaal deur Willem Vogel en Magdaleen Lamey
Wouter van Wyk (bariton)
Salon Ensemble
Suzette Eloff (spookstem)

In 2016 is daar ’n Musicula Feeskonsert van stapel gestuur. Dit is met groot entoesiasme deur die publiek begroet. So onthou ons dan almal die kapperjolle in Gannaput, waarmee ons in die 2017 Feeskonsert begroet is.

Vir vanjaar se produksie is die singende predikant, Wouter van Wyk, aan boord en vertolk hy die rol van die Troebadoer. Wouter het al groot bekendheid verwerf as operasanger by Brooklyn Teater en kinders sal veral sy briljante vertolking van die rol van Papageno in Die Towerfluit, onthou.

Die opwindende storie van Die Troebadoer, word vertel deur die aktrise, Suzette Eloff. Dan is daar ’n keur van welbekende liedjies uit al die lande wat die Troebadoer op sy musikale wêreldreis besoek.

Musicula leerders tussen 5 & 6 jaar oud is die sterretjies van hierdie geleentheid. Die hoogs professionele Brooklyn Teater Salon Ensemble bestaande uit fluit, viool, klarinet, tjello, klavier en kontrabas, is soos verlede jaar, weer aan boord om fleur te verleen aan hierdie spoggerige konsert. Musicula maatjies, vorm deel van die spesiale orkes met slagwerk en stem, dansies en lyfperkussie.

Hierdie is voorwaar ’n prettige uur van vermaak vir oud en jonk, wat die omvang van die musikale werksaamhede, asook betrokkenheid by die gemeenskap, van die Brooklyn Teater ten volle uitlig.

Kaartjie pryse:

Sondag 18 November 15:00

R130 Volwasse  
R100 Kind  

BOOK NOW

Brooklyn Theatre (012 460 6033)
Greenlyn Village Centre
C/o Thomas Edison and 13th Streets
Menlo Park