logo
 
MUSICULA FEESKONSERT 2017
 
19 November 15:00
 

'O togga, 'n Gogga'

'n Gannaput storie deur Willem Vogel

In 2016 is daar 'n Musicula Feeskonsert van stapel gestuur. Dit is met groot entoesiasme deur die publiek begroet.

Vanjaar sien die produksie heel anders daar uit. ’n Opwindende storielyn word vertel deur die stemkunstenaar, Suzette Eloff, aangevul met rympies van Philip de Vos, soos getoonset deur Albie Louw en verwerk vir Salon Ensemble deur Willem Vogel. Die sopraan, Marina Botha-Spies is Prinses Gerda van Gannaput en die tenoor, Tinus Spies is Gomverdorie, die kabouter.

Musicula leerders tussen 5 & 6 jaar oud is die sterretjies van hierdie geleentheid. Die hoogs professionele Brooklyn Theatre Salon Ensemble bestaande uit fluit, viool, klarinet, tjello, klavier en kontrabas, soos verlede jaar, weer aan boord om fleur te verleen aan hierdie spoggerige konsert.

Musicula maatjies, vorm deel van die spesiale orkes met slagwerk en stem, dansies en lyfperkussie.

Hierdie is voorwaar ’n prettige uur van vermaak vir oud en jonk wat die omvang van die musikale werksaamhede, asook betrokkenheid by die gemeenskap, van die Brooklyn Teater ten volle uitlig.

Ticket prices

Sunday 19 November 15:00

Blok A (Adult) - R120  Blok B (Adult) - R120
Blok A (Children) - R90  Blok B (Children)- R90

BOOK NOW

Brooklyn Theatre (012 460 6033)
Greenlyn Village Centre
h/v Thomas Edison en 13de Straat
Menlopark