logo
LUG, LIG, KLANK
 
vakansie werkswinkel met unieke tema vir elke dag
 
11 Desember 09:00 - 12:30
12 Desember 09:00 - 12:30
 

Brooklyn Teater bied op 11 en 12 Desember 2018, die eerste "Lug-Lig-Klank" vakansie werkswinkel aan. Tydens hierdie 3 en 'n half ure gaan die jong kind unieke boublokke van Wetenskap, Kuns en Musiek op 'n kreatiewe manier ervaar. Kinders tussen die ouderdomme van 6 jaar en 12 jaar oud (graad R - graad 6/7) word genooi om in te skryf en te registreer voor of op 30 November.

Die werkswinkel sal ingedeel word in sessies van 45 /50 minute elk en elke kind kry die kans om die drie stasies van kuns, musiek en wetenskap te besoek en meer te leer, te bou, te ontdek, te speel, te verf, te maak en te eksperimenteer. Aanbieders van hierdie program sal bestaan uit Magdaleen Lamey (Musicula), Anna-Marie de Beer (Xperiland) en Charné Klopper en Cayla Knacke (Onder leiding van Zarien van Staden Arbeidsterapeut en Kreatiewe leerspesialis).

`n Gedetaileerde program sal op 5 Desember 2018 aan die ouers wat ingeskryf het gestuur word. Beperkte getalle per dag is beskikbaar so skryf nou in om teleurstelling te voorkom.

Waar: Brooklyn Teater

Wat: "Lug-Lig-Klank" vakansie werkswinkel met unieke tema vir elke dag

Wanneer: 11 en 12 Desember 2018

Koste per kind: R160 per dag, betaalbaar voor of op 30 November 2018

Verrassings wat wag: Spesiale Storie tyd, Teater Toer, Eksperimente: “hoor, vat, voel, sien en miskien ook proe!”

Bring saam: Eie kospakkie en water vir die dag

Bespreek: Brooklyn Teater tel nr 012-460-6033

Bespreek op hierdie skakel

Na betaling, vul asseblief hierdie Google Vorm in.