logo
WHAT OUR PATRONS HAVE TO SAY
 

Christmas Concert Yesterday

Dear JP

Yesterday’s concert was magnificent, and your soloists, Jolene McClelland and Thomas Mohlamme gave an excellent performance. It was most enjoyable.

Regards

John Coetzee

 
 

Gauteng Philharmonic Music form the Movies 1 July 15:00

WHAT A SUPERB CONCERT YESTERDAY - thank you Brooklyn Theatre and so privileged to have been there. Paul and the orchestra were so in tune and walked out wanting to dance.

Thank you xxxx

 
 

Think Theatre May 2018

It is with gratitude that i write this message not only for the experience of a Shakesperean production presented our learners but most importantly for the realness of emotion, honesty and vulnerability of your actor's that performed with no proclamation and gradeur but with truth and realness that touched us as Shakespeare meant for his plays to do.

We look forward to next years production and request possible dates and shows at your earliest convenience.

Best regards,

Ceri-ann Blokdyk

 
 

Sent:Monday, 14 May 2018 15:17

To: admin@brooklyntheatre.co.za

Subject:WORLD FAMOUS OPERA CHORUSES

Ek het gistermiddag van Johannesburg deurgery om bogenoemde konsert by te woon. Dit was uitstekend op alle vlakke. Ek was hoogs beïndruk met die orkes, koor en soliste. Watter rykdom van pragtige musikale talent! Dit het gedoen wat so 'n musiekkonsert altyd vir my doen: 'n ongelooflike genotvolle geestelike ervaring. Die rit van Johannesburg was beslis oor en oor die moeite werd.

Baie dankie vir die moeite wat julle organisasie doen om musiek te bevorder. Gaan asseblief so voort.

Vriendelike groete

Louis Grundlingh

 
 

Date: 3 May

MORE ALMAL BY BROOKLYN TEATER,

Baie dankie vir die nuusbrief wat my e-posadres sporadies tref. My hart gaan uit daarna om veral die naweek van die 12 / 13 Mei met die Operakore, te kon bywoon. Ek is n pensionaris en woon in Welkom in die Vrystaat.

Ongelukkig sien ek nie kans om alleen die afstand te ry nie (weduwee), maar gaan tog kyk of ek nie n gewillige passasier kan kry om saam te ry nie. Gaan tog voort met die goeie werk wat julle doen om hierdie pragtige musiek vir ons lewend te hou.

Mooi dag

Joey Taljard

Welkom

 
 

Dvorak 9th Symphony & Cello Concerto

March 2018

Hi Jean-Pierre, Willem, Daniël

The fact that Brooklyn Theatre was sold out at Sunday's Dvorak Concert is testimony to the stunning rendition of Symphony No:9 "New World".

The Gauteng Philharmonic were in great form and the 'star' of the who was the conductor Jan Štván.

I have heard this symphony many times before but this performance was outstanding.

Well done to you and Willem Vogel for another gem of a concert.

Regards,

John Gwilliam.

 
 

Mandolino Napolitano

14 Februarie 19:00

Liewe Willem, Jean Pierre en elkeen betrokke:

Ons ouer garde vier mos nie Valentynsdag nie, en daarom het ons met groot verwagting uitgesien na wat Elmarie vir ons gereël het

Wat 'n STUNNING aan was dit nie!

Van die ete tot die konsert, was elke detail so spesiaal, so afgerond, met soveel vriendelikheid en liefde aangebied

'n Groter "treat" kan mens nouliks bedink.

Dankie vir 'n lieflike, baie spesiale Valentynsaand!

So spesiaal, want die 15de was on 43 jaar getroud.

Julle is in 'n klas van jul eie: dit sal altyd so wees!

Baie dankie, en liefdegroete vir julle almal

Dick en Elza de Bruyn, Tzaneen

(my pal Friena, email namens ons)

 
 

Towerfluit 2018

Salon Musiek produksie 12 February

Goeie dag,

Ek woon nou al die afgelope 3 jaar jul aanbieding van die Towerfluit by. Mens kan seker baie fout vind met die aanbiedings, maar dit is nie die rede vir my skrywe nie. Ek gee musiek as vak by n h/skool. Hierdie jaar was jul produksie n uitstekende produk wat al die elemente in die opera vasgevang het. Dit was werklik so duidelik vir die leerders uitgebeeld. Ek wil jul gelukwens met n puik produk. Sterkte ook met die mooi werk wat jul doen.

Ek gaan die vlg met jul deel: ek is betrokke met die merk van die matriek eindeksamen musiekvraestel. Ek het berlede jaar die opstelvraag gemerk, wat juis gehandel het oor die opera. Leerders is gevra om te verduidelik hoe die musiek bydra tot die uitbeelding van Tamino en Papageno. Ek haal net n sin uit een van die antwoorde aan. "Tamino, he was so scead of the snack, he even ferted." Ek weet nie na watter weergawe die leerder gekyk het nie, maar wonder waar die "snack"(snake) vandaan kom waarvoor hy so "scead"(bang) was. Baie sterkte met al jul programme vir die jaar!

Groete

Greg

 
 

Mandolino Napolitano

14 February 19:00

Dear Jean-Pierre

Just wanted to say last night was, simply put, beautiful.

Our sincere appreciation to all involved!

Have a great day!

E

 
 

Magic Flute 2018

Hallo Willem, Daniël, Jean-Pierre

Ek wil net vir jou se dat ek en my matrieks die Towerfluit vreeslik geniet het - baie dankie! Dit help ons ook baie wanneer die leerders dit op die verhoog as 'n storie beleef.

Menlo-groete

Colleen Mare

Musiek

 
 

Chris Lamprecht 90 jaar viering

Beste Jean-Pierre

Baie, baie dankie vir die besonderse keurige uitstalling van die Chris Lamprecht Huldigings CD in die CD winkel van die Brooklyn teater op die 8ste Oktober, asook die feit dat jy die nuwe CD en die Hemele Roem CD en Dit Kom van Vêr af so mooi bymekaar gegroepeer het. Dit word so waardeer dat jy en jou span sóveel moeite gedoen het om die publiek, wat kaartjies kom koop het vir die konsert, bewus te maak van die nuwe Huldigings CD.

Baie dankie ook dat julle toestemming gegee het aan Bybelmedia /Flam om die CD by die besondere geleentheid vry te stel en dat dit eerste by julle beskikbaar kon wees.

Vele mense doen navraag oor die CD en ons verwys hul graag na julle CD winkel. Dankie dat jul voorraad daar sal aanhou.

Baie dankie vir die uiters professionele aanbieding van die Chris Lamprecht 90 Jaar Huldigings konsert. Dankie ook dat julle moeite gedoen het om 'n orrel vir die geleentheid te kry sodat die omvang van Chris Lamprecht se werk verteenwoordig kon word. Dankie dat julle Charl Lamprecht se insette aangemoedig het.

Dit was vir my Pa en vir ons gesin 'n kosbare geleentheid, wat ons altyd met vreugde en dankbaarheid aan sal terugdink. Daardie atmosfeer van die gehoor met warmte en toegeneentheid het die konsert in' n onbeskryflike hoogtepunt van groot genade omskep.

Ons sal die luisterryke eenmalige geleentheid nooit vergeet nie. Hartlike dank.

Vriendelike groete

Lize van Niekerk

 
 

Fort Schanskop 3 October 19:00

SANDF Combined Military Bands 2017

Good day,

I attended the SANDF concert last night. Thank you so much for an exceptionally well organised and enjoyable experience.

Everything, from the parking, the bus transport and the music was wonderful!

Thank you.

Kind regards.

Rina Vermaak

 
 

Altyd in my Drome 2017

Goeiemiddag Jean-Pierre, Willem, Daniël, Kosie

Baie dankie vir 'n groot voorreg om Altyd in my drome te kon kyk. Wow, wat 'n belewenis dit was voorwaar groot pret en met klas.

Die mense wat saam was kon nie uitgepraat raak oor die teater ondervinding nie.

Nogmaals baie dankie

Helpende Hand groete

 
 

TRAVIATA 2017

Congratulations on your presentation of La Traviata - it was excellent!

Ilze Coetzee was outstanding and she will have a great career.

Greetings

Mrs MFW Göttsche

 
 

Rapport 3 Augustus 08:00

Beste Jean-Pierre, Willem, Erica en julle hele span daar by die teater.

Baie, baie dankie vir die wonderlike funksie wat julle vir ons/saam met ons aangebied het. Jul uiters professionele diens is werklik indrukwekkend. Ons kry geweldige positiewe terugvoer van mense wat daar was.

Liezel de Lange

 
 

Rapport 3 Augustus 08:00

Liewe Brooklyn Teater vriende,

Ek wil heelhartig en uit volle bors met Liezel saamstem en julle bedank vir 'n oggend wat vir ons lesers en ook vir ons baie spesiaal en aangenaam was. Ek hoop ons kan weer so maak!

Groete

Waldimar

 
 

Goeie more,

Ons het verlede Sondag La Traviata bygewoon. Dit was pragtig. 'n Mens het ervaar dat die spelers en die orkes hulle beste lewer.

Groete aan Willem en span

Martin

 
 

Opera Gala Gauteng Philharmonic Orchestra 30 Jul & 2 Aug 2017

Dear GPO Span

We so much enjoyed the concert last Sunday. We have been going to Brooklyn Theatre on a regular basis and every time we have been there, we always walk out with a feeling of great satisfaction and enjoyment. You guys are doing a fantastic work – the selection of performances, the art exhibitions, the food and what a lovely auditorium. Well Done.

Kind regards

Sincerely

Babs Putar and Gordon Beattie

 
 

Gauteng Filharmonies (Pieter en die Wolf) 2017

Liewe Daniël, Willem, Jean Pierre, Erika

Baie baie dankie vir die heerlike tyd wat ons saam met julle gister kon beleef. Die kinders was so opgewonde gewees voor die tyd en nog meer na die tyd! Dankie dat julle so hard werk aan julle droom sodat ons kinders geleentheid kan kry om hulle drome ook te bou. Wie weet….

Musiekgroete

Mev Annelie van Rooyen

Laerskool Constantiapark

 
 

GPO Hummel Sunday 5 March 15:00 Concert

Beste Willem en Daniël en Jean-Pierre

Ek wil graag my komplimente oordra vir die uitstaande konsert wat ek vanmiddag kon bywoon en geniet. My komplimente aan die 4 soliste, die dirigent, en die orkes. Dankie aan julle wat dit moontlik gemaak het.

Vriendelike groete

Cecilia du Plessis

 
 

Don Giovanni terugvoer na 25 Januarie 2017 om 19:00 se uitvoering

Goeiemiddag Daniël, Willem, Jean-Pierre

Hiermee ‘n baie groot ‘DANKIE” aan jou nogmaals vir die spesiale afslagkaartjies vir bogenoemde opera Woensdagaand. Na jare se “operadroogte” lewend op die verhoog het ek die uitvoering baie geniet, veral die stemme van Don Giovanni, Leporello en Don Ottavio. Ek het ‘n groter voorliefde vir manlike instede van vroulike stemme maar het ook Zerlinda se stem en goeie spel geniet.

Baie dankie dat ek gereeld ingelig sal word oor aanbiedinge/uitvoerings by die Brooklyn Theatre. Ek sal dit besonder waardeer.

Ek sal eenvoudig spoedig moet oorskakel na EFT betalings om my lewe minder gekompliseerd te maak!!! Yikes, die vergalste Canon drukker loer vir my sonder berou omdat ek eenvoudig nie betyds Saterdagmiddag die “scan”-funksie uitgesorteer kon kry om my betaling deur te stuur nie. Ek is ‘n “muffle” soos hulle in Duits se van iemand wat nie met tegnologie oor die weg kom nie??

Vriendelike groete

Nel-Marie Smuts

Lid van University of the Third Age (U3A) Pretoria

 
 

Don Giovanni 22 January 15:00

Liewe Jean-Pierre, Willem, Daniël en Span

BAIE baie dankie vir julle moeite en hulp, ons het dit geweldig waardeer en ons meisies het dit vreeslik geniet!

Baie dankie vir die geleentheid wat julle vir ons geskep het, dit is wonderlik vir die kinders om 'live' opera te kan sien.

Baie sterkte vir al julle planne vir die res van die jaar.

Groete en beste wense,

Elsabe Fourie

Director of Arts & Music

 
 

GPO Christmas Concert 2016

Dear all,

I would like to express myself for a wonderful and heartwarming experience to have performed for the Brooklyn Theater Company and the GPO.

I have received only wonderful and positive feedback from an audience point of view how wonder and important it is for them that they are being treated to such music delights in your season. This made me very happy. I am also thankful for the wonderful welcome and meeting such wonderful musicians. I appreciate and support your excellent work that you provide the public.

I want to also thank you for your support.

Best regards.

George Stevens Lecturer in Vocal Studies and Director go the UCT Opera School.

University Of Cape Town South African College Of Music

Private Bag, Rondebosch, 7701 Cape Town South Africa

 
 

OPERETTA GALA 2016

Beste Salon -Musiek Vriende,

Baie dankie vir die heerlike Operette-Gala-Konsert gisteraand. Dit was wonderlik om weer na Frederico en Antoinette te luister. Die duette saam was `n bonus. Aanskoulik ook.

Dankie,Willem, vir die genotvolle programkeuse wat ons so geniet het, na `n besige jaar!

Elke oomblik was luistergenot.

Om na die instrumentaliste te luister, wat elkeen `n solokunstenaar op sigself is, was so spesiaal. Hulle besondere kontak met mekaar onderling, het ons ook vreugde verskaf.

Dit was `n besondere uitvoering.

Mag elkeen by Salon Musiek `n spesiale Feesseisoen beleef.

Ons sien uit na 2017.

Ons wens julle net die beste toe.

Musiekgroete

Steyn en Elna Pieterse

 
 

GPO Christmas Concert 2016

Hello Jean-Pierre,

Nogmaals dankie vir daardie prag foto van de GPO orkes wat ek gister ontvang het .'n Wonderlike aandenking vir die 3 konsert reekse waar ek deel kon wees van die GPO orkes. Ek het dit geweldig geniet.

Spesiale Dankie aan Willem Vogel en die hele span met al die reëlings. Dit was vir my 'n baie aangename tyd in die orkes.

Groete

Mariette Malherbe

 
 

Gauteng Philharmonic Christmas Concert 2016

I am writing a short message to say how we enjoyed the Christmas concerts with the GPO. Eddie Clayton was a dynamic conductor and his arrangements were very good. We always enjoy him.

Thank you, - Julian Cloete

 
 

GPO Christmas Concert 2016

Thank you! We attended the Christmas Concert yesterday and how absolutely wonderful!! Enjoyed every moment !! Congratulations!

Daan and Elzabeth v Schalkwyk

 
 

Russian Concert Gauteng Philharmonic 14 November

Thank you for a wonderful evening!

Jennifer Callaghan

 
 

Russian evening Gauteng Philharmonic 14 November 19:00

Môre Jean Pierre

Baie dankie vir die wonderlike aand wat jy vir my moontlik gemaak het deur 'n kaartjie te kon kry vir gisteraand se konsert!

Dit was 'n uitstekende konsert - nie net die briljante soliste nie, maar die orkes was op hulle tone en het 'n wonderlike geheel saam met Gerben en die soliste gevorm. 'n Spesiale woord van geluk aan die blasers!

Met waardering - en musiek in my ore vir die hele week♫

Elmi Kruger

 
 

Russian Concert Gauteng Philharmonic 14 November 19:00

Baie dankie vir die voorreg om gisteraand die konsert te kon bywoon! Ek het dit baie waardeer en wil sommer almal wat betrokke was bedank!

Mooi bly!

Estelle van Tonder

 
 

Russian Concert 14 November with Gauteng Philharmonic

"I thought it was really inspiring. I took a young black chef 27 with me who has never seen (let alone heard) an orchestra. He was truly moved and said "After that I know I am a 'born free' because no one in my family ever heard something like that" . Pam 73, Anne 69 and i realised how privileged we are to attend functions like that. The violinist was amazing ... so relaxed and yet so intense. Medvedev made that piano whisper, roar and rage alternately. It was a wonderful evening.”

- Ralf Bronner

 
 

Goeie middag JP

Baie dankie vir die uitvoering van die Italiaanse Pianis, Alessandro Martire gisteraand. Dit was asemrowend.

Geniet opwindende naweek

Groete,

Anne-Marie

 
 
BEETHOVEN PIANO CONCERTOS 21 & 23 October
 

Weereens baie geluk aan Francois sowel as die hele orkes met Sondag se fantastiese uitvoering! Stuur asb die kompliment aan vir die hele span.

Groete,

Ernst Gouws

 
 
GPO Augustus uitvoering
 

Beste Willem en span

Dit is vir ons 'n behoefte van die hart om 'n groot dankie te sê vir 'n uiter genoeglike uitvoering gisteraand. Ons het dit uitemate geniet.

Sterkte met die baie belangrike bydrae wat julle lewer om kultuur te bevorder.

Groete,

Die Mosterts

 
 
Johan Botha GPO Augustus uitvoering 2016
 

Beste Willem en span

Wat begin het met die groot teleurstelling dat Johan Botha nie kon sing nie, het verander in 'n heerlike verrassing met die wonderlike stem van Johannes Slabbert. Daardie duet uit Rigoletto! Laat ons asseblief weer vir hom hoor.

En die vlot verloop van die konsert ten spyte van al die ontwrigting is 'n pluimpie vir julle almal. >> Ek dink jy het 'n paar absoluut traumatiese dae gehad maar die uiteinde was 'n heerlik genotvolle konsert.

Dra asb ons allerbeste wense oor aan Johan Botha vir 'n spoedige volkome herstel en 'n terugkeer na SA so gou sy program dit toelaat.

Vriendelike groete,

Eleine Roets

(M 7 & 8)

 
 
Augustus GPO uitvoering
 

Beste Willem, Daniël en Jean-Pierre,

Ek was baie teleurgestel dat Johan Botha nie kon optree nie, maar die program wat julle aangebied het saam met Albertus Engelbrecht was absoluut manjefiek. Ek en my vriendin, wat ook nie saans alleen wil rondry nie, het dit baie geniet. Ons sê albei baie dankie vir ‘n genotvollige aand met die mooiste musiek.

Groete,

Miemie Matthée

 
 
GPO 18 Augustus 19:00 Johan Botha uitvoering met Rik Ghesquire.
 

Jean-Piere

eerstens wil ek graag vir jou, Willem, Daniel en Span BAIE dankie se vir n puik konsert Donderdagaand!

Lena Opperman

 
 

Hello Jean-Pierre and Team

Greetings to you and all at Brooklyn Theatre.

Many thanks for hosting the wonderful and enjoyable concert yesterday.

Highly appreciated.

Thank you!

Have a good day!

Best regards

Ronnie Pillay

Mercedes Benz South Africa (Pty) Ltd

 
 

Beste Willem, Daniël en Jean-Pierre,

Ek was baie teleurgestel dat Johan Botha nie kon optree nie, maar die program wat julle aangebied het saam met Albertus Engelbrecht was absoluut manjefiek. Ek en my vriendin, wat ook nie saans alleen wil rondry nie, het dit baie geniet. Ons sê albei baie dankie vir ‘n genotvollige aand met die mooiste musiek.

Groete,

Miemie Matthée

 
 

Beste Willem en span,

Wat begin het met die groot teleurstelling dat Johan Botha nie kon sing nie, het verander in 'n heerlike verassing met die wonderlike stem van Johannes Slabbert. Daardie duet uit Rigoletto! Laat ons asseblief weer vir hom hoor.

En die vol verloop van die konsert ten spyte van al die ontwrigting is 'n pluimpie vir julle almal.

Ek dink jy het 'n paar absolute traumatiese dae gehad maar die uiteinde was 'n heerlik genotvolle konsert.

Dra asb ons allerbeste wense oor aan Johan Botha vir 'n spoedige volkome herstel en 'n terugkeer na SA so gou sy program dit toelaat.

Vriendelike groete

Eleine Roets

 
 

Beste Willem en Span,

Dit is vir ons 'n behoefte van die hart om 'n groot dankie te sê vir 'n uiters genoeglike uitvoering gisteraand. Ons het dit uitermate geniet.

Sterkte met die baie belangrike bydrae wat julle lewer om kultuur te bevorder.

Groete

Die Mosterts

 
 

Goeiemore

Wil net sê gister se konsert was ‘n belewenis. Ek woon GPO konserte by van die heel begin af, en kan nie glo hoe die orkes ontwikkel het in 2 jaar se tyd nie. Bygesê, Rik Ghesquiere is ‘n skitterende dirigent. Dis ‘n genot om sy interaksie met die orkes dop te hou.

Estelle Maré

 
 
GAUTENG PHILHARMONIC ORCHESTRA
 

Just a thank you for a wonderful concert this afternoon at Brooklyn Theatre. I have been attending the GPO concerts since the orchestra was founded a few years back and was so impressed by your ability to bring out the very best in them. It was a privilege to watch, especially the Beethoven. Thank you so much. Hoping to see you return to conduct them again in the near future.

Estelle Mare

Centurion, Gauteng

 
 
GAUTENG PHILHARMONIC ORCHESTRA
 

Dear Willem and team,

Earlier that day, having breakfast at the market, a couple with two little ones joined our table. This transpired to be Judith and Morkel. Believing that musicians are not really appreciated as much as they should be, my wife asked me if we can’t give them a donation for their dedication and hard work. That led to the discussion that we should not really single out anyone specific.

We appreciate and thank you and your team’s effort and risk taking of presenting culture as we know it. We also appreciate that in the process you are creating an avenue for people whom have not come where they are; without love, effort and dedication to their music and their instruments.

Thank you for the acknowledgement.

Kind regards and keep up the incredible work.

Chris and Petrie

 
 
TOWERFLUIT
 

Baie geluk met 'n puik vertoning van Mozart se Towerfluit. Die matrieks praat net met lof daarvan. Die ensemble en sangers getuig van fyn afronding en musikaliteit.

Dra asb die skool se gelukwensing aan die lede van die produksie oor.

Muziekgroete uit Zwarrieland

Knoxie

Hoërskool Zwartkop

 
 
THE MAGIC FLUTE - 24 JANUARY 2016
 

Good morning Daniël, Willem, Jean-Pierre and the Magic Flute Team

We came to see The Magic Flute yesterday and thought it was absolutely marvellous - please pass on our thanks to all concerned.

Highest regards

Gill and John Roberts

 
 
TOWERFLUIT 2016 - MOZART
 

Hello Jean-Pierre,

Namens ons leerlinge en myself - baie dankie vir ‘n fantastiese aand. Die kinders het dit vreeslik geniet, en een van ons graad 11 seuns het vir my pouse selfs kom sê dat hy voel of hy op ‘n ander planeet is.

Een of twee wil weer op eie stoom kom.

Dankie vir julle inisiatief om hierdie vir die skole te doen!

Groete

Ronelle Bosman

Hoërskool Waterkloof

 
 
WAR AND PEACE FEEDBACK
 

Dear Richard,

I wanted to thank you and complement you on the amazing concert in Brooklyn last night. It was very moving and thought-provoking. and the chanticleer singers are in a totally different class of singing.......

The combination of images, poetry and text and music is such a winning recipe, it should be done much more.

Thanks and best regards

Beate

PS: I really miss singing in the choir, I do want to try and come again, but I have to work out the logistics and find another 5 hours in the day........

 
 
ARVO PÄRT te iSalon, Brooklyn Mall
 

7 Februarie 2015

Geagte Willem,

Ek is 'n jong meisie wat so rukkie terug in geloer het by julle winkel in Brooklyn. Jy het my gehelp met baroque musiek om my te help leer. Ek dink ek het 'n fout gemaak toe ek jou "oom" genoem het toe ek dankie gesê het, jy het toe geantwoord met "Dis 'n groot plesier, JUFFROU." Jammer as ek jou in die gesig gevat het, ek kom van 'n Engelse familie en Afrikaanse mense raak partykeer vreeslik vies as mens hulle nie "oom" of "tannie" noem nie, so ek's maar liewer versigtig.

Die CD wat ek toe gekoop het is getitel "Arvo Pärt, Alina". Jy het gesê dat ek nog verlief gaan raak op dit. Ek hét toe verlief geraak op dit. Dit is verskriklik mooi. Jou passie vir klassieke musiek het my vreeslik beïndruk. Ek is oortuig daarvan dat die lewe 'n beter plek sal wees as almal iets kan kry waaroor hulle só passievol is. Ek wil net baie dankie sê, ek dink ek het dalk ook nou 'n nuwe passie ontdek.

Groete,

Candace

 
 
Mozart Zauberflöte 2015
 

Maandag 19 Januarie 2015

"Die kinders het dit vreeslik geniet en gons vandag die hele dag daaroor.

Die formaat van die aanbieding was 'maklik en gebruikers-vriendelik' en dit gaan beslis baie makliker wees om die opera vir die kinders te teach.

Baie dankie vir julle professionele organisering!

Groete en hoop om julle binnekort weer te sien

Jeppe High School for Girls

Elize Kruger

40 skoolkinders het die produksie bygewoon.

 
Brahms maak my deel van menseras
 

Dinsdag 23 September 2014 2:00 vm.

Wat ’n ongelooflike ervaring was dit nie Vrydagaand om na Brahms se twee klavierkonserte in die Brooklyn-teater te kon luister nie! Om te sien en te hoor hoe die pianis regkry wat eintlik menslik nie moontlik is nie.

Om die orkes, meestal jongmense waarvan twee derdes nog my moedertaal ook praat, te kon hoor saamsing met die klavier. Om sprakeloos te staan voor die evolusionêre proses wat ons nie veel minder as goddelike wesens gelaat het nie. ’n Spirituele orgasme, soos ons ou prof. dit jare gelede beskryf het.

’n Ervaring wat te midde van al die ondermaanse ellende, my weer trots laat voel het om lid van die menseras te wees.

Kobus Terblanche

Middelburg

 
 
Zauberflote
 

Hallo Willem,

Ek wil net gou vir en jou span baie gelukwens met die produksie. Ek het dit baie geniet. Dit was wonderlik om n vollengte opera in Pretoria te sien! Ons het mos deesdae net die Met se vertonings om vir ons nuwe produksies te bring.

Die sangers het hulle baie goed van hulle taak gekwyt, veral die oulike klein bariton ( Papageno) Hy het ook die regte persoonlikheid vir die rol, en het dit pragtig vertolk en gesing. Dra assblief my gelukwensinge aan hom oor.

Ek was ook beindruk met die drie kinders- die drie se stemmetjies het pragtig gekombineer en hulle het die drie stemme goed geken.

Geluk ook met die produksie - dit was innoverend, veral die gebruik van projeksies. Baie geluk aan Kobie!

Baie sterkte met die oorblywende produksies.

Groete,

Margie Spaumer

 
 
Christopher Duigan
 

Christopher,

Irma and I, and some friends, attended your Recital at the Brooklyn Theatre on Sunday afternoon.

You know what an incredible impact your presentation made on the audience, and most certainly on us.

Charl du Plessis was in the audience, so also Herman van Niekerk, and various other accomplished pianists who are our friends. They were similarly just SO impressed. Your humility and almost unassuming staging of yourself, is such an abiding feature of real substance and professionalism, which I am sure touched everybody.

We hope that at some stage it will be possible for you to visit the Time 'n Space theatre in Henley-on-Klip, where we will assemble a small group (30) of real music lovers.

Meanwhile, all the best with your programme for 2013.

Best wishes,

Johann & Irma Coetzee, Henley-on-Klip
(also Settler’s Cottage, Gowrie Village, Nottingham Road)

 
 
 
Ons Eggo Ingrid
 

Nanda, Eddie en span

Die is net om dankie te sê vir al julle moeite en insette tydens die vertoning. Dit was voorwaar 'n voorreg om saam julle te kon werk en die vertoning te laat verwesenlik. Elke aspek was goed na gekyk en ten volle omlyn baie dankie. Sterkte met al julle dinge vorentoe. Sien julle verseker weer in die toekoms:-)

Groete

PJ Oosthuizen

 
 
 
Dis Opera konsert
 

Goeie dag Willem & Alle lede van die Brooklyn Theater

DIS OPERA KONSERT - GELUKWENSE

Graag maak ek van die geleentheid gebruik om u en u span wat agter u staan baie geluk te wens met die "Dis Opera" konsert wat julle vir ons na Pretoria toe gebring het en ek glo elke jaar nog sal doen.

Ek is n gereelde luisteraar van RSG se Dis Opera en geniet elke oomblik daarvan. Ek is al jare lank n liefhebber en getroue ondersteuner van enige klassieke konsert, hetsy dit opera, ballet, musiek, kunsvertoings, of wat ookal is. Ek het ook vir baie jare gesien wat 'agter die skerms' by so n teater gebeur en die groeipyne wat mens mee te doen het toe ons in Durban gewoon het en my eksman baie betrokke was by die Playhouse. Ons het ook gereeld daar gaan uithelp met vertonings.

Ek woon so veel as moontlik konserte by die Brooklyn Teater by, hoofsaaklik omdat dit so gerieflik binne ons bereik is en relatief veilig is en n lekker atmosfeer het. EK het egter n vriend wat maar min van Klassieke Musiek, wat nog te se Opera af weet, behalwe dat hy van die musiek hou. Hy het ingestem dat ek hom so stadig maar seker 'educate' oor teater protokol ens. Omdat dit vir hom vreemd is het ek nie geweet hoe hy dit sal ervaar nie. Sy eerste kennismaking met Opera was natuurlik Faust wat julle aangebied het en ek het gewonder hoe hy dit sal ervaar. Ek moet vir jou baie geluk se. Hy het dit tog geniet en veral vanwee die feit dat julle dit meer verstaanbaar maak deur die skerm wat julle op het sodat mens die woorde kan volg. Dit het dit veral vir hom baie makliker gemaak. So ook gisteraand se Konsert. Baie dankie dat julle gebruik maak van die skerm. Dit was die beste plan wat julle ooit kon uitdink vir mense wat nie regtig opera ken nie!! Sonder dit sou hy dalk baie vervelig gewees het. Inteendeel, Toe ons daar uitstap, was hy baie tevrede en sy woorde was: "Ek was nie baie 'keen' om te kom nie, maar ek het dit geweldig geniet. Al my verwagtings is oortref!! Ons kan maar weer kom!. Volgende maand woon ons die ballet by!!

BAIE DANKIE AAN BROOKLYN TEATER. JULLE IS N WENSPAN!! HOU AAN MET DIE HARDE WERK. DIS VOORWAAR NIE MAKLIK OM SO N TEATER OP JOU EIE AAN DIE GANG TE HOU NIE, MAAR WEES VERSEKER: DAAR IS MENSE DAARBUITE WAT DIT WAARDEER EN JULLE ALTYD SAL ONDERSTEUN. EK WIL SOOS ANDRE RIEU ALTYD SE: BRAVO!! BRAVO!!

LANK LEEF KLASSIEKE MUSIEK EN DIE KUNSTE. LANK LEEF BROOKLYN TEATER!!

Groete

Rene Reiners

 
 
 
Thank you
 

Dear Nanda Cloete,

Thank you very much for a wonderful afternoon on Sunday. Thank you for introducing us to your wonderful theatre.

We enjoyed every moment – not least the Grieg concerto (no matter Danish or Norwegian) is a favourite of ours.

Best regards,

RENÉ DINESEN / RENDIN@UM.DK
AMBASSADOR OF DENMARK

 
 
 
Ekurhuleni Koor
 

koor

 
 
 
Faust
 

Goeiedag,

2 x 50jariges en 2 x 80 jariges het Faust Sondagmiddag gaan geniet.

Ons al 4 het dit as UITSTEKEND beskryf.

Die “onderskrifte” bo die verhoog, die stem wat ons in die storielyn gehou het; die pianiste (wow!!!) en die uitstekende orrelis, die stemme van die solosangers asook die koor – ALLES was vir ons van hoogstaande gehalte.

BAIE GELUK aan Brooklyn teater en Salon Musiek. Julle hou teater lewendig!!

Mr K Joubert.

 
 
 
Pta Eisteddfod Galakonsert
 

Geagte mev Cloete,

Namens die Pretoria Eisteddfod en SAVMO (Die Suid-Afrikaanse vereniging van Musiekonderwysers), is dit ‘n behoefte om u van harte te bedank vir die beskikbaarstelling van die Brooklynteater, vir die Galakonsert.

Dit was ‘n hoogtepunt vir almal wat daaraan deelgeneem het en dit het aan die Pretoria Eisteddfod ‘n nuwe dimensie verleen.

Dit was ook ‘n voorreg om saam met Eddie, Richard en Johan te werk – hulle is ‘n aanwins vir die teater.

Die Eisteddfod wens u alle sukses toe vir die res van 2012 – mag die teater steeds van krag tot krag gaan.

Vriendelike groete.

Rika Stofberg (nms. Pretoria Eisteddfod)

Louise Labuschagne

 
 
 
FAK Lede
 

Beste Nanda

Jy het ons ongelukkig voorgespring om eerste ‘n epos te stuur…

Van die FAK se kant af wil ons jou regtig bedank vir ‘n heerlike aand. Van oraloor kry ons komplimente met die funksie. Die program was voorwaar pragtig en ek het dit persoonlik baie geniet. Julle kan trots wees op die werk wat julle doen om die Afrikaanse liedereskat op die profesionele, stylvolle wyse te ontsluit en aan te bied.

Ons maak beslis weer so.

Vriendelike groete

Danie

 
 
A flute affair
 

Beste Willem en Daniël,

Gegroet uit die Noord-wes!

Ons wil net weereens baie dankie sê vir die wonderlike geleentheid wat julle aan Marlene gegee het. Die konsert was puik gereel en ek dink die mense het waarde vir hulle geld gekry!

Die CD is ook van uitstaande gehalte, die klank is werklik goed. Ek is seker die verkope daarvan sal na wense verloop. Ons sal dit goed adverteer hier in die Noordweste.

Jammer dat die gaste so lank gekuier het, maar nouja, ons klomp hier in die verre weste van die land kry maar selde die kans om so 'n heerlike geleentheid by te woon, dus moet dit deeglik benut word :-)

Nogmaals baie dankie!

Groete,

Miempie Verwey

 
 
Die Fledermaus
 

What a concert last Sunday!!!!!!Thanks to everybody!

Jennifer and John Callaghan

 
 
 
Invitation
 

Dear Nanda,

Katie and I just wanted to thank you for the wonderful blessing of your 2 tickets to see the show on Sunday. After working so many weeks in a row it was nice to relax with some culture and class.

May you continue to uplift others with your talent and shows to make Pretoria a cultural art location for South Africa.

Sincerely,

David

 
 
 
Ete en Operette
 

Nanda,

BAIE dankie vir ’n UITSTEKENDE ete en vertoning gisteraand. Ons sowel as ons gaste het die sommer BAIE geniet. Prof. Steyn en sy vrou het dit ook baie geniet en beplan om sommer gereeld in die toekoms vertonings te kom bywoon.

Nogmaals dankie,

Christo van der Walt

 
 
Baroque 2000
 

Dear Nanda,

This mail to thank you for a wonderful time spent on stage of your great & friendly Theatre. As professional musicians and singers, we are permanently exposed to all sorts of possibilities and conditions offered on the various stages we have to perform on.

It was a real pleasure to be on the Brooklyn’s stage, with a vibrant, dedicated, professional and enthusiastic crew…also the natural acoustic qualities of the Theatre were very good for live performance.

Thanks again for your support and warm welcome. It will be a pleasure to be back on your stage at any close future time!

Sincerely,
Michel Schneuwly
Baroque 2000 founder and organiser.

 
 
Thank you
 
rotary
 
 
 
Mooi aand
 

Beste Nanda,

Baie geluk met die klavier musiek gisteraand. Dit was heerlik.

Jan Talma

 
 
 
‘Kunsmusiek’ sprankel van pret en genot
 
Piano Extravaganza
Brooklyn-teater, Menlopark
 
Thys Odendaal
 

Wat Salon Music se Piano Extravaganza ondubbelsinnig besweer, is oningewydes se opvatting dat kunsmusiek, ofte wel klassieke musiek, as “ernstig” beskou word.

Die inhoud van die musiek, of ’n opera byvoorbeeld, word misken omdat die mening bestaan dat as jy kunsmusiek of klassieke musiek beoefen, jy “ernstig” daaromtrent is.

Is dit dan ’n diskwalifikasie vir die genot – net omdat die eindproduk goed is?

Vir dié musiekliefhebbers wat toewyding soek by kunstenaars wat nié hul gehore onderskat nie, is dié extravaganza bepaald die antwoord.

Daar is by geleentheid twee of vier pianiste op die verhoog, voor een of twee klaviere; en as hulle nou werklik die “extrav”-pap dik wil aanmaak soos die einde nader, is al ses, drie-drie voor twee klaviere – Anneke Lamont, Megan-Geoffrey Prins, Ingrid Bredell, Willem de Beer, Leandra Smith en Bart Joubert.

Hier teen die einde, wanneer die gehoor getrakteer word en saam ritmies hande klap met Strauss se Radetzky-mars, is al ses pianiste gelyk voor twee klaviere – ná ’n soort behendige “musical chairs” om elkeen sy stoeltjie te vind.

Die “show” is deur De Beer begin met ¬Mozart variasies op Twinkle, twinkle little star, en Prins het in die enigste ander solo, Georges Cziffra se (Lisztiaanse) aanpassing van Strauss se Tritsch-tratsch-polka, dit as ’n vertoonstuk behoorlik laat geld.

As pare het Lamont & Prins musiek van Debussy, Falla, Mendelssohn en Rachmaninof vernuftig uitgevoer; Smith & Joubert was behendig met Mozart en Rachmaninof; en Bredell & De Beer het knap weergawes van Johann Strauss- en Handel-werke verseker.

Die pianiste het hulle met mening in die duette en tweeklavier-werke begewe, soms met ’n gepaste tikkie “chutzpah”. Dit geld eweseer die kwartette en septette.

Die geskarrel vir die toegif – Khatsjatoerjan se woeste Sabeldans – was kostelik.

Die Piano Extravaganza verseker hope pret, en lanklaas het ’n mens in ’n foyer ¬soveel tevrede, stralende gesigte gesien op pad huis toe.

 
Pinter evening
 

Hi Nanda

Just a small note just to thank you and the Brooklyn Theatre's management and staff as a whole for having afforded us the opportunity to perform in your theatre, and the manner in which we were received and assistance given during the show.

I hope that we will be able to make use of the Brooklyn Theatre again in the future.

Allan Spijkers

 
 
Valentynsdag / Valentine's Day
 

Hallo Nanda

Ek en Lizette wil net dankie sê vir n baie , baie lekker aand ons het die werklik baie geniet. Die show was fantasties, en die staan vir die kos het ons glad nie gepla nie. Jy kan gerus vir die Chef sê die kos was uitstekend.

Nogmaals baie dankie vir die uitnodiging

Groete
JACK VAN DER MERWE
CEO : Gautrain Management Agency

 
 

Dear Willem,

Thank you so much for such a DELIGHTFUL evening last night. Carol and I so enjoyed it,

Willem has such a fantastic system going, from car park guides with torches, to young ushers, CD (including on the Salon Music label) and DVD sales in the foyer before, during, and after the show, a fully stocked bar, and coffee/tea counter with luscious cakes (an ESSENTIAL ingredient in a successful musical gig, as I discovered years ago!)

The chandelier foyer is so impressive, and the lovely wooden deck/verandah for the open air restaurant, overlooking a large pond with ducks, and a music shop (run by someone else: instruments and scores) alongside. Carol and I had coffee and a shared WICKED slice of carrot cake at the interval, on the deck overlooking the pond and gardens.The place was packed out. The whole concept is a roaring success, with ample evidence of Willem’s creative talents and business astuteness.

I was also impressed with his answer to the translations of Camille’s songs (sung of course in French): no programmes, but projected words onto the stage back wall, along with BEAUTIFUL visuals – as you will see in the one photo: Toulouse-Lautrec posters and paintings, a Rodin sculpture, and romantic sunset scenes of Paris – so perfect for a Valentine’s evening, creative and attractive.

Lizzie xxx

 
 

14 Februarie 2012

Valentyns aand

Aan al Brooklyn Teater se personeel en aan Leipoldt's, n groot dankie vir n WONDERLIKE aand. Julle het julself oortref! Groete, Elizabeth en Petra met groot waardering vir al julle moeite!
Elizabeth Wessels

 

14 Feb 2012

Valentine’s evening

Hi Eddie,

I just wanted to compliment you guys and the Brooklyn theatre on last night’s show. The show was brilliant and the venue really is awesome.
I look forward to my next visit there.

Thank you,

Regards,

Calvin Lishendran Pillay

 
 
 
rotary
 
 
Sit terug; laat Schubert oor jou spoel
 
Beeld 2012-01-26
Thys Odendaal
Schubert-konsert
Brooklyn-teater, Menlopark
 

Vir Schubert as komponis, skryf David Ewen, was musiek so natuurlik as om asem te haal: “Hy kon musikale skoonheid meteens optower, so maklik as wat ons gewone mense in clichés met mekaar gesels.”

Met die luister na dié instrumentale kleinkuns-program – die Notturno, Arpeggione-sonate en die Forelle-kwintet in die uitstekende akoestiek van die Brooklyn-teater – is dié vrugbare skeppingsvermoë opnuut tuisgebring.

Die voortdurende wisseling in stemming en die feit dat elke melodiese idee opstyg soos ’n swewende arend is deurentyd kenmerkend.

Midde-in die eenvoud is daar ook klein musikale idees wat jou gedagtes kan laat sweef, en dit kan in ’n wending plotseling byna brutaal neerstort.

Anneke Lamont voor die wonder-vleuel van die Brooklyn is die spil waarom dié Schubert-program draai, bedag op detail en sensitief teenoor die ragfyn Schubertiaanse karakter en haar mede-musici.

Die strykers sal nog meer intiem-ewewigtig musiseer in die herhaling van die konsert dié naweek, veral in die meesleurende Notturno, wat net-net te veel in dieselfde klank- en emosionele frekwensie vasgeval het.

Srdjan Cuca (viool) en Carel Henn (tjello) is knap musici, maar ’n deurlopend eenvormige timbre het soms ontbreek.

Henn het as solis in die Arpeg-gione meer beïndruk, maar sy tjello is soms ingetoë wanneer die musiek ’n ryklike spontaneïteit vereis.

Die Forelle-kwintet in A is met oorgawe verwesenlik, met sterk en meelewende bydraes van die twee dieper strykers: Judith Klins (altviool) en Christi-Louise Swanepoel (kontrabas).

Die weergawe van moontlik Schubert se bekendste kunslied, Die forelle, is paslik gebou op die singende aspek van die lied, met ’n skerp, bytende aanslag in die Scherzo, gemerk “Presto”.

In dié konsert kan jy salig terugsit en Schubert spoel oor jou.

 
 
Nuwe stemme klink goed in die Mozart-galakonsert
 
Beeld 17 Januarie 2012
Thys Odendaal
Mozart-gala
Brooklyn-teater, Pretoria
 

Die jaar begin goed in Pretoria wat opera betref met Salon ¬Music se hoogs verdienstelike Mozart-galakonsert, getitel ¬Queen of the Night.

Vir die operaliefhebber is daar ook ’n nuwigheid: die insluiting van twee belowende sangers aan weerskante van die vokale spektrum – die koloratuur-sopraan Ilze Coetzee en die bas Dirk Venter.

Coetzee beskik oor ’n deurdringende stem, wat in ’n groot teater tot haar voordeel sal strek, ’n akkurate en ratse top-register, en op die koop toe ’n sterk middel-stem wat ook ’n dramatiese gehalte verseker.

Haar O zittre nicht en Der Hölle Rache uit Die Zauberflöte is nommer pas.

Venter se donker, lae register is fabelagtig en die hoër note verbasend suiwer, wat aan hom ’n nuttige omvang gee.

Soos by baie jong basse is die middel¬register aanvanklik verdag, maar dit beïnvloed geensins sy goeie vertolking van die Entführung-aria nie.

Mens sal hom graag wil hoor in Osmin se Ha, wie will ich triumphieren.

Die jong mezzo-sopraan ¬Kathy Neuland beïndruk met haar ryk stem en oortuigende vertolkings in die uiteenlopende arias uit Le nozze di Figaro en Idomeneo.

Wie sou kon dink die leemte wat Teresa de Wit gelaat het, sou so gou gevul kon word?

Die bariton Douwe Bij¬kersma ontwikkel in ’n uitstekende operasanger en is nou gereed vir ’n klompie Mozart-rolle, soos Papageno, later die Figaro-graaf en nóg later Giovanni.

Dat die sopraan Antoinette Olivier ingesluit is, is te verwelkom.

Ook sy het ’n sterk projeksie, en kan met ’n effens sagter aanslag ’n Mi tradi (Giovanni) sing wat in dieselfde mate beïndruk as haar pragtige Porgi amor uit Figaro – asof die stem ná pouse opgewarm en geolie was.

In opera beleef ’n sanger nie in elke aanbieding sy of haar fleurige beste nie – die stem is onvoorspelbaar.

Dit is die indruk wat ’n mens van die tenoor Righard Linde gekry het, met dié dat sy hoë register in Il mio tesoro (Giovanni) minder oortuig het en nie maklik aanklank gevind het nie.

Ingrid Bredell voor die klavier is ook ’n deksels goeie leier.

Die ensemble klink nietemin op die lang duur te eenselwig.

Wat van ’n altviool pleks van die basviool of tjello om die heftige dreunbas-effek in te kort?

 
Minette van Rooyen - Seënwense
 
wense
 
 
Dankie!
 
Goeiedag Nanda
 

Ons wil julle almal by Brooklynteater bedank vir al die wonderlike musiek wat julle die afgelope jaar aangebied het en wat ons kon geniet en ons het gister die jaar se bywoning op ‘n hoogtepunt afgesluit met Charl se Pianoman, dit was fantasties!

Geseënde Feestyd vir julle almal!

Jan en Hester

 
 

Liewe Willem en Daniël en span

Wat 'n voorreg was dit om by julle op te tree! Baie dankie dat julle my genooi het! Jul professionaliteit in die aanpak van die projek het alles vir ons kunstenaars maklik gemaak. Die musiek was betyds, die verhoog en orrel gereed vir rehearsal, Willem se direksie was insiggewend, ( en is die man se stiptelikheid nie verfrissend nie!), Daniel se daarwees ten spyte van 'n operasie (en wanneer laas was ek onmiddellik betaal vir 'n uitvoering?), die span se vriendelikheid: Die beautiful en sjarmante Nanda met haar hartlikheid en omgee, Jean-Pierre wat voel soos 'n vriend en saam opgewonde raak oor CD-verkope, Johan se sorgsaamheid en hartlike groet elke keer, Eddie se tegniese reddingsdade en aansteeklike humor, Wayne se ondeunde vriendelikheid, Righardt se volume checks en grappies maak, Philip se heerlike kos.. Elkeen van julle is die gesig van 'n lewenskragtige, passievolle onderneming wat 'n reuse bydrae tot SA musiek maak. Ek salueer julle daarvoor.

Met waardering

Zorada

 
Many thanks
 
foto
 

Dear Nanda

On behalf of all the team of El Colegio del Cuerpo I want to thank you for the wonderful way we were received at the Brooklyn Theatre. You have a great team of professionals in your staff (technical, administrative, artistic, etc) - Kind, efficient, human....thanks a lot!

Best wishes tou you all and hope to see you again either in SA or in Colombia....why not!

Álvaro Restrepo
Director
El Colegio del Cuerpo de Cartagena de Indias
Colombia

 
 
Heidi Ernani Drew - facebook
 
Dinner outside on the deck on the edge of the pond at Leipoldt's always a gentle delightful occasion! Herewith Johan & Vladimir who are so efficiently in filling wine glasses & topping up coffee cups - thank you.
 
img01
 
 
Peter van der Schyff - facebook
 
Die lentekonsert Woesdagaand was fenomenaal. Ons het die musiek en sang ten volle geniet. Moeilik om 'n "man/vrou van die wedstryd" aan te wys, maar Louette Johnston vat dit met 'n kortkop voor Daniël Verster. En die oomblik van die aand? Die sekstet uit Donizetti se Lucia de Lammermoor - al was dit nou nie klassieke lentemateriaal nie. Bravo aan die hele ensemble en die ses stemme!
 
 
 
img02
 
Lente-konsert is ideale begeleiding tot jaareinde
 
Salon Music: Lente-gala
Brooklyn-teater, Menlopark,
 
Thys Odendaal
 

Jy kan as’t ware maar saamsing: “Dis heerlike lente, die winter’s verby ...” in die Brooklyn-teater.

Salon Music se Lente-gala gaan oorwegend oor mooi melodieë en in dié opsig was die goeie dosis operette-uittreksels besonder gepas.

Wat die opera-ensembles betref … Wel, wat presies die sekstet uit Donizetti se Lucia of die hofnar en sy dogter se ontboeseming in Verdi se Rigoletto met dié vrolike jaargety te make het, is nie heeltemal duidelik nie.

Nietemin, dit is ’n aangename lente-konsert, met die meer ervare sangers wat besonder goed vaar: die sopraan Louette Johnston, die tenoor Righard Linde en die bariton Daniël Verster. Dan het die trio nuwelinge allermins minder beïndruk: die mezzo-sopraan Ane Pretorius met ’n nogal aansienlike stemomvang, die tenoor Wayne Mathews met ’n goeie projekterende gehalte, en die man met die “operette- en musiekspel-stem”, Jean-Pierre Verster.

Ingrid Bredell voor die klavier het die leisels goed beheer en skiet gegee waar dit nodig was. Soms was die instrumentale ensemble net te heftig, veral ten opsigte van die klavier self en die klarinet. Die Salon-sekstet het tussendeur bekende melodieë ingeskakel, soos die sangnommers wat sinryk deur Willem Vogel aangepas is.

Met bekoring uit die musiekskat van Poulenc, Porter, Winkler, Rubinstein, Bernstein, Mozart, S. le Roux Marais en Toselli, en die afsluiting met Wien du Stadt meiner Traume en Funiculí funiculá, is dié lente-konsert ’n opkikker-hupstoot in aanloop tot die jaareinde se doenighede.