Vermoedelik die beroemdste ‘crossover’-superster van ons tyd; maar het enigiemand werklik die man agter daardie stem geken? Temperamenteel en wispelturing, sjarmant en teruggetrokke… Met bekende arias soos “Vesti la giubba…”, sowel as Lanza-treffers soos “Be my love” verskaf die bedrewe tenoor en akteur Cobus Venter ʼn insiggewende blik op die man agter die legende.
Vervelige Oujaarsaande in Pretoria is vir altyd verby! Kom sluit vanjaar aan by die stylvolle mense in die dorp en verwelkom die nuwe jaar in die elegante ambiénce van die Brooklyn Teater. Die immer sjarmante Charl du Plessis wag u met flinke vingers agter die Steinway in, van waar hy sy vriende sal bekendstel met musikale versnaperinge vir die fynproewer en liefhebber. Na die konsert sal die minute oor ‘n glasie sjampanje en feestelike biscotti op die Brooklyn Teaterdek afgetel word, en dan word ‘n hele boel ballonne losgelaat om 2011 ordentlik te groet. Dit gaan voorwaar ‘n prettige affêre wees!